Dié bipolêre biblioteek se dekreet is deernis

’N LANG, VREESLOSE TWEET

Dié bipolêre biblioteek se dekreet is deernis

Kom laat ons gevaarlik wees, skryf DEBORAH STEINMAIR, en sit daad by die woord met ’n tot-verhaal-kom (nie ’n resensie nie) van Etienne van Heerden se baksteen van ’n nuwe boek.

VERLEDE week het 'n dun boekie my hart gebreek; dié week het 'n baksteen my ontstig en begogel. Om te lees is gevaarlik. Die biblioteek aan die einde van die wêreld het met my gebeur, soos Ronelda Kamfer se Chinatown.

Een van die hoofkarakters in Biblioteek WhatsApp: “Van elke nuwe boek verskyn 'n juigende resensie. Die kultuur onder beleg lek sy eie wonde. 'n Gevaarlike tyd om krities te wees.” Maar kom laat ons gevaarlik wees. Hierdie is nie 'n resensie nie, maar 'n tot-verhaal-kom.

Etienne van Heerden is een van ons voorste romansiers. Soms was hy vir my te sierlik – niemand kan betwis dat hy kán skrýf nie, sy verbositeit en die veerkragtigheid van sy brein verstom. Maar daar was enkele hinderlikhede, soos die manier waarop hy hom verkneukel in ’n nuutskepping of segswyse en dit herhaal soos 'n kind. Die manier waarop hy soms, soos Marlene van Niekerk, weier om te kies tussen drie beelde en al drie in 'n ry uitstal – weliswaar hoogs imponerend en watter redakteur sal dit oor sy hart kry om te snoei? As ek maar één so ’n beeld kon optower!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X