Kersfees, koekstruif, sehnsucht en sooibrand

FEESVREES

Kersfees, koekstruif, sehnsucht en sooibrand

Ai, Krismis tog. In die televisie-advertensies is almal so mooi en freneties vreugdevol. In die regte lewe raak iemand getrek, iemand gooi 'n vloermoer en almal kry sooibrand. En dan is daar die verlange na almal wat weg of ver is, skryf MADELEINE BARNARD.

EK kan dit hoor naderkom. Soos ’n skrootmetaal-slee wat êrens oor die koppies naby Laingsburg nadergesleep word. Deur krysende hadidas. Daar is ’n woedende, sonverskroeide plomp oom in die skelste rooi oorpak agter die stuur. Met ’n sak vol nare gevoelens as geskenke. Verlange. Irritasie. Woede. Sooibrand.

Rieng-tieng-tieng, dieng-dong, falalalala, parampapampam!

Dis in die musiek. Die gruwelike, gruwelike musiek. Genadiglik word ons hier in Windpomp die horreur van die inkopiesentrum en groot kettingwinkels se Krismis-klankbane gespaar. Boney M en Michael Bublé, wat onlangs êrens in Amerika ontdooi is in die Krismis-mikrogolf, hoor ons net as ons die radio aanskakel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.