Hoe ouer ek word, hoe groter my chaos

HELP, HENRIETTA

Hoe ouer ek word, hoe groter my chaos

'n Leser vra HENRIETTA om haar chroniese onnetheid weg te toor, en 'n kluisenaar se radelose kleinsus wil weet hoe mens iemand help wat hulp weier. Ons troostante poets haar towerstaf ...

Help Henrietta My probleem raak al hoe meer van ’n verleentheid hoe ouer ek raak. Ek is so onnet soos ’n tiener, en dis asof ek eenvoudig nie weet hoe om ’n huis georden te hou nie. My arme huismaat moet met haar hande in die hare sit, ek besef dit, maar sy is so ’n liewe mens en pak agter my alles reg, maar soms los sy ook maar my stront net so.

As kind het my ma dikwels die inhoud van my kaste op die vloer uitgegooi sodat ek alles moes regpak, maar selfs sy het moed opgegee omdat my begrip van netjies nie ander mense se begrip van netjies is nie. Kan mens nie êrens ’n klas bywoon of ’n tutoriaal volg nie?

Moet net nie vir my sê Marie Kondo nie, want ek wil nie minder maak nie; ek wil net netjies maak. Sal hipnoterapie nie dalk werk nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.