Groote Schuur, dorre land en inkommers: stories met maagskop-emosie

DIEPER AS DIEP

Groote Schuur, dorre land en inkommers: stories met maagskop-emosie

Daar is die belangrike stories wat inlig en verduidelik (kom ons noem hulle die ernstige, eerbiedwaardige ou dames van die nuus- en meningsafdelings). Dan is daar daai stories wat jou in die maag skop met emosie, jou laat snik van hartseer, of jou sommer net laat lag van lekkerte. Hierme 'n eklektiese keuse van vyf van laasgenoemde.

Die oorlog op die strate van Kaapstad en die slagting op die paaie wat oor naweke 'n hoogtepunt bereik, spoeg sy slagoffers uit in die trauma-afdelings van die stad se oorwerkte hospitale, waar 'n meedoënlose stryd teen die dood gevoer word. ELSABÉ BRITS skryf oor haar ervaring van 13 uur in Groote Schuur se trauma-eenheid tydens ’n naweek-nagskof.

’n Gebied van 15 miljoen hektaar in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap gaan gebuk onder wat baie mense beskou as die ergste droogte in menseheugenis – in sommige streke is die droogte in sy sewende jaar. MADELEINE BARNARD het meer gaan uitvind.

Presies 367 jaar gelede het Jan van Riebeeck se vloot Tafelbaai binnegevaar. JEREMY VEAREY loop terug in die verlede...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.