Jazz-akademie help Kaapse Vlakte een jongmens op ’n slag

DAAR'S HOOP

Jazz-akademie help Kaapse Vlakte een jongmens op ’n slag

CRYSTAL ORDERSON het ’n dag by die Bonteheuwel Jazz Yard Academy deurgebring. Dié musiekskool het in ’n agterplaas begin, en vandag slyp hulle die volgende generasie jazz-sterre – én bring hoop aan ’n bendegeteisterde gemeenskap.

Jazz en Kaapstad is dig verweef – dink maar aan groot jazz-musikante soos wyle Robbie Jansen en Basil Coetzee … en dan is daar Dollar Brand, of soos ons hom nou ken, Abdullah Ibrahim. Hierdie musikante se slypskool was die plaaslike jazz-orkeste in Kaapse Vlakte-gebiede soos Manenberg en Bonteheuwel in die 1960’s en 1970’s.

Die volgende generasie van Ibrahims en Jansens word by plaaslike musiekskole opgelei. Een so ’n skool is die Bonteheuwel Jazz Yard Academy, wat in ’n agterplaas begin het en nou musiektalent soos lirieke uitryg.

Dis ’n paar minute nadat Suid-Afrika die Rugbywêreldbeker omhoog gehou het. In die strate van Bonteheuwel is daar taxi's met die Suid-Afrikaanse vlag en wat vrolik toeter blaas. Mense is in ’n joviale bui. Ook by die Hoërskool Arcadia is daar ’n jolige atmosfeer – kinders blaas hul trompette, ander sing hardop ... die stemming is ’n gevoel van: “Ons kán dit doen.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.