Musiek is groot: die top-5 in die VWB-trefferparade vir 2019

HOOR, HOOR!

Musiek is groot: die top-5 in die VWB-trefferparade vir 2019

Musiek is groot vir Vrye Weekblad se lesers, dít was duidelik in 2019. Van die lieflike huldeblyke aan die groot ou bul Johnny Clegg en die legendariese rocker Piet Botha tot die mal sukses van Spoegwolf, die reïnkarnasie van Voëlvry en die Boss se 70ste – al vyf hierdie stories het in ons trefferparade gaan draai.

Gaan lees gerus (weer) KARL KEMP se stuk oor Danie du Toit en Spoegwolf. Dit maal jou in die branders, slaat jou teen die rotse en smyt jou hygend uit op die  strand – net vir jou om terug te gaan en verder te gaan lees.  Dit was een van die grootste stories van VWB se eerste jaar aanlyn.

RIKU LÄTTI  het een van die mooiste huldeblyke vir sy rocker-vriend Piet Botha geskryf. Dit was een van die ontroerendste skrywes van die jaar. #SnotEnTrane #Legende

Die land het ook afskeid geneem van die kultuurikoon Johnny Clegg. CHRIS DU PLESSIS  het vir ons geskryf oor Johnny se merkwaardige lewensreis in een van die jaar se mees formidabele stukke skryfwerk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.