Die betonpark waar een vrou groente en hoop kweek

IETS UIT NIETS

Die betonpark waar een vrou groente en hoop kweek

’n Ma van Hanoverpark, Rhentia Manuel, het teen die oormag gestry om ’n voedselkwekery te begin om haar gesin en gemeenskap te voed. Nou leer sy ander om ook in hul kosbehoeftes te help voorsien danksy haar GrowBox-inisiatief, het sy aan CRYSTAL ORDERSON verduidelik.

“DIT was ’n verskriklike paar dae, met geweerskote wat amper elke dag klap, want die gangs veg oor grondgebied hier in Hanoverpark. ’n Paar dwelmverslaafdes het my allerbelangrike waterpompe gesteel, wat dit baie moeilik vir my maak om te plant en nat te lei,” vertel die 36-jarige Rhentia Manuel, stigter en eienaar van GrowBox. Maar ondanks hierdie uitdagings is hierdie ma van vier stadig maar seker besig om haar klein onderneming op te bou.

Die GrowBox is ’n draagbare houtkis met saailinge van ’n verskeidenheid groente in voedingsryke grond geplant. Hierdie kiste help om mense se idees rakende die plant van groente in klein ruimtes te verander, veral in gemeenskappe wat deur voedselonsekerheid geraak word.

“Ek kan nie sit en toelaat dat die gangs my keer om te plant nie, ek kan nie dikbek en ontsteld raak nie. Ek moet woeker om my kinders te voed,” sê Manuel. Dit is hierdie doen-houding wat haar gemotiveerd hou ondanks die uitdagings, veral in ’n plek soos Hanoverpark...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.