Jeanne Goosen se dagstukkies vir denkendes

BETOWERENDE BREIN

Jeanne Goosen se dagstukkies vir denkendes

Hoe slaan jy los gedagtes hok, vra DEBORAH STEINMAIR na aanleiding van Los Gedagtes, 'n versameling van aantekeninge uit die skrywer-digter Jeanne Goosen se stapels notaboeke. Hoe vang jy die wind in 'n sif?

AS tiener lees ek Om ’n mens na te boots. Die dun boekie is ’n senu-ineenstorting en ek wens ek kon die skrywer ontmoet. Hoe, wonder ek, kan iemand so huidloos, so oop teen die wind en die ligste vibrasie, die lewe handhaaf? Die gode het my wens bewaarheid. Dit was verstommend en vernietigend om haar te ken. En ek het besef sy kan nie die lewe handhaaf nie – nie dag vir dag nie.

Haar samestelling is ongelyke mate rou talent, rustelose briljantheid, ongeneeslike nuuskierigheid, galgehumor, gefolterde kortsluiting, paranoia, woede en pyn oor ’n kak jeug wat haar deeglik opgefok het. En dis maar die seekoei se oortjies.

Nou het Petrovna Metelerkamp haar biografie geskryf. Sterkte aan Petrovna. Hoe vang jy die wind in 'n sif? Jeanne is 'n onbetroubare verteller. Haar narratief is geweef uit fantasie, verdigsel en hiperbool. ’n Groteske sin vir die absurde. En berge verbeelding. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.