‘30 minute, 2 hande, 1 kubieke meter gemors. Boggherôl impak.’

ROMMELKRISIS

‘30 minute, 2 hande, 1 kubieke meter gemors. Boggherôl impak.’

Dit was haar nuwejaarsvoorneme om 'n verskil te maak, skryf CLARI NIEMAND. Maar ná 'n geplas in die rommel in die rivier was sy so depressief oor die verbruikerspesie waartoe sy behoort, dat sy dit nie kon regkry om kos te koop nie. En sy kon nie woorde kry om te begin skryf nie, want dit voel of niks wat ’n mens daaroor kan sê gewig sal dra nie.

“EK het die oulikste rubberhandskoene gekry,” whatsapp sy my, “met strikkies!” Om nie by Elize af te steek nie, kry ek my geblomde reënstewels uit vir ons blink nuwejaarsvoorneme, maar op die nippertjie besluit ek gelukkig om ʼn paar swaargewig-rubberstewels te gaan aanskaf.

Die Centurion-oorstromings in Desember was vars in die geheue, en Tarryn Johnston van Hennops Revival wat dadelik, nog voor Kersfees, begin opruim het, het die verbeeldings aangegryp.

ʼn Rekordgetal geïnspireerde inwoners het op 4 Januarie by die Centurion-meer opgedaag. Vyf uur lank het 71 vrywilligers hande vuilgemaak en 420 vullissakke vol gemors is opgetel, takke is van die spoelwal af weggesleep, plastieksakke is van die plantegroei verwyder en aan die einde van die dag het die munisipaliteit twee groot stortbakke vol rommel weggery. Dit was die eerste van die beplande twee aksies per maand wat Tarryn reeds op die 2020-kalender gemerk het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.