Om die nuwe jaar in ’n malhuis te begin

OM DIE UWE TE VERNUWE

Om die nuwe jaar in ’n malhuis te begin

Die spontane tafelplasings lyk soos ’n klas in Laerskool Schweizer-Reneke, maar in terapie, oftewel ‘group’, neem almal ewe rojaal vokaal deel. Dis nie werklik anders as in die regte lewe nie – net meer intensief en aanhoudend, skryf HANNES LOUBSER, wat reken sy eie ‘ek’ voel nou meer in plek ná twee weke in ’n kliniek.

  • 31 Januarie 2020
  • Mense & Kultuur
  • 19 min om te lees
  • artikel 5 van 26
  • Hannes Loubser

OP die 8ste Januarie van die nuwe dekade is die uwe in 'n Pretoriase kliniek opgeneem. Ek praat eerder van “die uwe", want in die voorafgaande weke het ek glad nie soos myself gevoel nie. Inteendeel, dit was 'n waas van waansin wat die uwe nog nooit vantevore ervaar het nie. Hy weet nie eens of die eie “ek" 'n deel daarvan was nie. “Pure onlekkerte,” soos Hilda of Oubaas voormalig op 7de Laan sou (kluts) kwytraak.

Vandag, 13 dae later, voel die uwe vir die eerste keer weer effens meer soos homself. 'n Self – ongetwyfeld gedeeltelik en geleidelik getransformeer – met iets in die behoefte na die pen opneem wat bekend en belowend voel. 'n Laagwater-stilgety wat vreedsaam gedy; een wat 'n paar waarnemings en gedagtes huiwerig, maar met 'n groeiende gerustheid na die oppervlak wil laat spoel.

'n Mens wil nie hierdie tipe storie begin deur te kla nie. Die goeie Vader weet dit help niemand nie – nie daar buite en bepaald ook nie hier binne nie. Vir die doeleindes van konteks wil die uwe wel die volgende uitwys: Die afgelope drie maande was besonder moeilik...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.