Hannatjie van der Wat se nalatenskap as kunstenaar is bekend aan kunsliefhebbers, maar wie was die mens agter die grensverskuiwende skilderye? BIBI SLIPPERS probeer uitvind – maar eers moet sy op die regte skoene vir die begrafnis besluit.
AS kind, dromende van die grootmenslewe, is dit die skynbare vryheid, onafhanklikheid en die reg om jou eie besluite oor elke aspek van jou lewe te neem wat aanloklik lyk. Jy kan jou nie in daardie stadium indink dat die grootmenslewe eendag sal behels dat jy moet besluit watter skoene om na ’n vreemdeling se begrafnis te dra nie.
Ek wil skryf oor die lewe en werk van Hannatjie van der Wat, die kunstenaar wat op 9 Januarie vanjaar oorlede is. Hoewel ek haar nie geken het nie, was haar naam bekend aan my. Ek word genooi om die gedenkdiens wat haar familie reël by te woon “… want dan sal jy haar milieu kan beleef,” skryf haar dogter op WhatsApp. “Dis eintlik ’n fees.”
Dis eenvoudig genoeg om meer oor haar werk uit te vind. Hannatjie was ’n gerekende kunstenaar en boonop ’n baie deeglike argivaris van haar eie werk. Haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis is aanlyn en in verskeie publikasies geboekstaaf. Ek hoop dat die gedenkdiens/fees vir my iets sal openbaar van wie Hannatjie as mens was, maar eers is daar die kwessie van skoene...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIS EINTLIK 'N FEES
Op soek na die hart van Hannatjie van der Wat
Hannatjie van der Wat se nalatenskap as kunstenaar is bekend aan kunsliefhebbers, maar wie was die mens agter die grensverskuiwende skilderye? BIBI SLIPPERS probeer uitvind – maar eers moet sy op die regte skoene vir die begrafnis besluit.
Deel
AS kind, dromende van die grootmenslewe, is dit die skynbare vryheid, onafhanklikheid en die reg om jou eie besluite oor elke aspek van jou lewe te neem wat aanloklik lyk. Jy kan jou nie in daardie stadium indink dat die grootmenslewe eendag sal behels dat jy moet besluit watter skoene om na ’n vreemdeling se begrafnis te dra nie.
Ek wil skryf oor die lewe en werk van Hannatjie van der Wat, die kunstenaar wat op 9 Januarie vanjaar oorlede is. Hoewel ek haar nie geken het nie, was haar naam bekend aan my. Ek word genooi om die gedenkdiens wat haar familie reël by te woon “… want dan sal jy haar milieu kan beleef,” skryf haar dogter op WhatsApp. “Dis eintlik ’n fees.”
Dis eenvoudig genoeg om meer oor haar werk uit te vind. Hannatjie was ’n gerekende kunstenaar en boonop ’n baie deeglike argivaris van haar eie werk. Haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis is aanlyn en in verskeie publikasies geboekstaaf. Ek hoop dat die gedenkdiens/fees vir my iets sal openbaar van wie Hannatjie as mens was, maar eers is daar die kwessie van skoene...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
5 wenke vir fokus in die tyd van die internet
Dit lyk soos vleis en dit smaak soos vleis ...
2019: ’n Jaar in poësie
Marita van der Vyver skryf ’n wond oop
Die hanswors binne-in Marthinus Basson
Deel
-
Deel
Bibi Slippers
BydraerBibi Slippers is 'n joernalis en digter van Johannesburg. Sy is die skrywer van Fotostaatmasjien en mede-samesteller van Nuwe Stemme 6.