DIS 08:27 en dié Dinsdag begin soos ’n droom: Die digter Danie du Toit se oggendstem rasper (op ’n geweldig aangename manier) uit my WhatsApp-inbox. Hy praat oor rugby en beskuit.
Ja, dis dieselfde Danie wat ook ’n rockster is, die voorman van Spoegwolf, maar vir die volgende 10 en ’n half uur praat ons heen en weer op WhatsApp voice notes en teks-boodskappe oor sy eerste digbundel, Warmer voor die tuimeldroër.
Laataand sal die gesprek ook by die nuwe Spoegwolf-album, See, draai, maar nou is Danie in Pretoria besig om beskuit in koffie te druk terwyl hy rugby-hoogtepunte – Frankryk teen Engeland – saam met sy vriend en agent, Len Muller, kyk. Jip, ’n digter met ’n agent wat die Stormers ondersteun en dié week twee aande in die Atterbury-teater uitverkoop het – met ’n digbundel-bekendstelling. Dalk is dié Dinsdag ’n droom?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.