Kiekies: van die konsistorie tot die kuberruim

SELFIE-VOORVADERS

Kiekies: van die konsistorie tot die kuberruim

Ander as wat jy dalk dink, is die selfie-fenomeen niks nuuts nie. Jy sal egter verbaas wees oor wie die ‘oorspronklike' en toonaangewende produseerders van hierdie perfekte-prentjie-fotokultuur is. CAS WEPENER meen jy sal hulle teen die mure van feitlik alle NG Kerk-konsistories kry.

IN baie huise is daar iewers foto’s van die huisbewoners en geliefdes. In ou huise was daar dikwels ’n portretgalery in die gang wat, met die somber outoriteit van ’n sittende, bebaarde oom en die tante Calvinisties soos ’n stok agter hom, ’n (gekose) familiegeskiedenis vertel het.

Deesdae vind jy die foto’s onder magnete op die yskas, in klein raampies iewers in die leefareas, of digby die rekenaarskerm op die lessenaar. Die portrette van toeka en kiekies van nou is nie selfies nie, maar ’n vroeë vorm van dit wat deur evolusie in die hedendaagse selfie uitgemond het, sit ingebed in hierdie beelde – die projeksie van ’n ideale beeld van die persoon wat uitgebeeld word.

Net die goeie tye..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.