Volg die stitches

VALENTINE'S

Volg die stitches

Regte liefde vat tyd en sit vas in die gleufies van jou menswees. Dit word uitgetrap op lang paaie. ’n Mens kan lief word vir enigiets wat jy lank genoeg het, skryf RONELDA S. KAMFER.

ONS neighbour Geraldine se gesels is soos meeste mense se gesels. Dit word geguide deur die theme van die dag. Sy lewe ’n intriguingly episodic bestaan. Haar thoughts en opinies verander soos die weer. As Julius Malema in die nuus is gaan sy praat oor hom, as dit Nuwejaar is, gaan sy praat oor die jaar wat verby is, en op dae wanneer daar niks newsworthy gebeur nie, gaan sy groet en aanstap.

Vandag is dit Valentine’s Day, so sy kom sit op ons stoep en wil, na ’n paar observations oor die water crisis, by my weet wat die mees romantiese gift is wat ek al ooit gekry het. Ek consider eers om vir haar die waarheid te vertel en te sê dat ek nie kan onthou dat ek al ooit ’n Valentine’s present gekry het nie, maar dan sien ek in my mind’s eye hoe Geraldine vir my sê, “Awww, shame hoekom nie?”, en ek probeer instead om aan iets te dink wat haar tevrede sal stel. Die waarheid is ’n fragile ding en ek is nie lus om Geraldine se algorithm om te krap nie.

In my kop spin 'n conveyer belt van objects wat in geen way relate aan romance nie. Een vir een flick ek hulle weg soos apps in die menu op ’n cellphone: ’n TV, ’n blok kaas, ’n klein tafel volgepak met leë borde, ’n bak vrot appels. Tussen die punt van my tong en die periphery van my gedagtes float daar hartjies en teddy bears en ridiculously onpraktiese lingerie in ’n winkelvenster, maar ek kan in die oomblik nêrens kry om hulle te laat land nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.