’n Loflied vir die hospitaal-engele

DANKBAAR

’n Loflied vir die hospitaal-engele

’n Onverwagse besoek aan radioloë het MADELEINE BARNARD weer laat besef hoe onbesonge engele hospitale en ook ouetehuise vir mense draagliker maak.

HOSPITALE is nie lekker plekke nie. As jy jou in ’n hospitaal bevind, is jy óf siek óf jy besoek iemand wat siek is. Of jy moet jou liggaam en psige ontbloot aan ’n saaklike vreemdeling terwyl jy jou doodbekommer oor jou gesondheid.

Ek bevind my verlede week in die wagkamer van radioloë by ’n groot hospitaal in George. My senuwees is klaar. Ek is te onthuts om ’n tydskrif te lees, en tussen al die radiowolke deur is my selfoon moeilik. Dus kyk ek maar mense.

’n Ouerige tannie wat een of ander onaangename konkoksie moes drink voor haar X-straalsessie sit ingedagte en vryf haar arm. ’n Radioloog kom aangestap, groet haar soos lank verlore familie. Gaan sit langs haar, hand op die seer arm...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.