Randall Wicomb, die ewige troebadoer

MUSIEK VERDWYN NOOIT

Randall Wicomb, die ewige troebadoer

JAN HORN vertel van sy lang pad met die sanger en skrywer Randall Wicomb. Hy was ’n mens met ’n boek vol mense. ’n Mens wat alles in die lewe met meer as 100% aangepak het. En ’n ou wat vir hom die Hemel se hekke oophou.

DIS 1 Mei 1965. Ek wil my meisie in Harmoniekoshuis op Stellenbosch beïndruk met ’n Meipaal in die koshuis se binnehof. My vriende het gehelp om die paal te anker en die gekleurde linte vas te bind. Al wat ons nou kort, is ’n musiekmaker. Ek vra toe vir Randall Wicomb.

En daar tou ons spul Huis Visser-koshuisinwoners die aand straataf met Randall en myself heel voor. Randall op kitaar en ek op die banjo. Ons sing “Marina". Die manne is begeesterd. Hulle sing en dans saam – eintlik meer bokspring as dans met ’n paar bottels Lieberstein wat saamgaan. Die aand is ’n groot sukses en my meisie is nog liewer vir my as ooit te vore.

My pad saam met Randall het daar begin. Ons het kontak behou. By die Blue Orange cappuccino’s gedrink. By die straatkafeetjies van Stellenbosch oor die lewe gepraat en gekyk hoe die mooi jong lywe verby paradeer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.