Gevaarlike kolwer kom ‘huis toe’

INTERNASIONALE KRIEKET

Gevaarlike kolwer kom ‘huis toe’

Die Australiër Marnus Labuschagne sit voet aan tuiswal, maar sal guller ontvang word as ander ‘verlooptes’, meen SIBUSISO MJIKELISO vir New Frame.

AL met die pad langs na Marnus Labuschagne se geboorteplek, Klerksdorp, sien ’n mens die tekens van Suid-Afrikaanse hulpbronne wat gemyn en na ryker lande verskeep is – voordat dit terugkeer as gepoleerde produkte vir rykes.

Monumente soos die Mponeng-myn, die diepste goudmyn ter wêreld, herinner ’n mens aan die geskenke wat die natuur aan hierdie land gegee het. Dit was dus geen verrassing dat die uitvoer van hulpbronne oorgespoel het na sport nie. Dit het al begin toe die Kapenaar Basil D’Oliveira vir Engeland gekies is, Kepler Wessels wat Australië se kaptein was, asook die vermetele Kevin Pietersen se terugkoms in sy Engeland-kleure met meer as net ’n punt om te bewys.

Hoewel die omstandighede verskil, is die resultaat altyd dieselfde. Hulle het ons land verlaat met rou talent weens die omstandighede van hul era, en teruggekom as skitterende, afgeronde sportsterre. Dit nou uitgesonder D’Oliveira omdat die regering van die dag geweier het om hom weer in te laat weens sy velkleur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.