21 vrae aan Renée Rossouw

PAPIER.

21 vrae aan Renée Rossouw

Ontmoet die kunstenaar agter “Nomad”, die kunswerk op die voorblad van Vrye Weekblad papier.

RENÉE Rossouw is ’n abstrakte kunstenaar en argitek van Kaapstad wat in 2015 by die 100% Design-uitstalling as die beste produkontwerper aangewys is. Haar droplekker-kassies wat sy saam met De Steyl-meubelontwerpers van George ontwikkel het, was 'n finalis in Design Indaba se Most Beautiful Object In South Africa-kompetisie, en in dieselfde jaar was sy die musiekfees Oppikoppi se resident-kunstenaar van die jaar.

Sy is een van 10 Afrika-ontwerpers wat in 2017 deur IKEA genooi is om te werk aan ’n reeks genaamd Överalt, wat in 2019 bekendgestel is.

Tans werk sy aan ’n solo-uitstalling wat aan die einde van die jaar by die World Art-galery in Kaapstad open, ’n muurbehangsel vir ’n cool, kleurvolle huis in Johannesburg, ’n nuwe muurskildery vir ’n huis in Kaapstad, en ’n reeks ontwerpe vir kussings. Sy studeer ook vir 'n kwalifikasie in holistiese voedingkunde en gesondheid. Ons het haar genooi om die beroemde Proust-vraelys te takel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.