Jan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.
PAAIE SONDER TEER
4x4: Die kuns van vasval
Vir die Skedelkus se helse hitte, satanskoue, dik mis en sagte sand kort jy ’n kar met karakter, meen JAN HORN.
Deel
OM teen die Skedelkus van Namibië af te ry, moet jy hare op jou tande hê. Die dagtemperatuur kook so by 50°C en snags vries jy van die ysige seewind wat nooit ophou waai oor die koue Benguelastroom nie. In die oggend is die mis weer so dik dit voel of jou voertuig sweef terwyl die spore van die voertuig voor jou eenvoudig verdwyn. Dit is ’n onherbergsame, genadelose verlate stuk aarde wat liewers alleen gelaat moet word, maar dis juis hoekom ons hier is – op soek na avontuur vir my dokkiereeks Die Paaie Sonder Teer.
Ek en my vriend Almero is deel van ’n begeleide toer van nege voertuie (jy kan hier slegs met ’n konsessie ry); hy bestuur die Cruiser en ek neem plaas agter die kamera.
Sommer van die begin af sukkel hy op die sagte sand, want hy is gewoond aan turbo-enjins. My Cruiser is van die ou soort: 4.2 liter-sessilinderenjin sonder enige elektroniese fieterjasies. Geen turbo nie, geen rekenaar wat vir hom moet dink nie; net brute, ouwêreldse krag. Mense vra my altyd hoe vind ek hom. My antwoord is: Hy is oud, stadig en dors, soos ek. Daarom verstaan ons mekaar. Almero verstaan dit nie en verskaf aan almal eindelose vermaak met sy kuns van vasval...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Randall Wicomb, die ewige troebadoer
Op 'n 4x4-avontuur
As die land net aanhou brand
Deel
-
Deel
Jan Horn
SkrywerJan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.