Isolasie word ’n tyd vir refleksie

VIVA ITALIA!

Isolasie word ’n tyd vir refleksie

Die coronavirus is die oorsaak dat ’n Suid-Afrikaanse onderwyser vir twee weke in isolasie in ’n beeldskone dorpie in Italië moet woon. Wasgoed ophang is nou die sosiale hoogtepunt van sy dag! THINUS BARNARD het ’n brief vir Vrye Weekblad geskryf om van sy ervaring te vertel.

  • 20 Maart 2020
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 17 van 22
  • Thinus Barnard

KORT ná my 40ste verjaarsdag het die geesdrif my beetgepak. Ná 20 jaar in Londen het my aardbolvoete weer daardie krieweling gekry waar ek in my binneste geweet het, die tyd is reg is om aan te beweeg. Net soos Mary Poppins van ouds was die wind vir my avontuurlus in die regte rigting en kort voor lank koop ek huis en trek sak en pak na Italië.

Soos ’n broeis hen het ek kom nesskrop in die kleinste ou dorpie, Borzonasca in Ligurië, wat omhels word deur die mooiste berge. Geen wonder dat die Avetovallei die Italiaanse Alpe genoem word nie. Daar is ’n rivier voor my huis en ’n rivier agter, en sawens as ek in die bed lê, het ek ’n waterwiegelied wat my aan die slaap sus. Ná die holderstebolder lawaai en nekbreekspoed van Londen is dit sielskos. Hier en daar blêr ’n Italiaanse skaap wat my genot beaam.

Soos die kraai dié kant toe vlieg, land hy in die Cinque Terre en as hy daai kant toe vlieg, raak sy vlerke aan Portofino. Dit is ’n liggingstoebroodjie waaraan ek nou al drie genotsame jare smul. Ek hou skool in Milaan en naweke ontsnap ek na my paradys. Che bello!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.