Om ’n dronk pa en ’n versteurde ma te oorleef

MEMOIRES

Om ’n dronk pa en ’n versteurde ma te oorleef

Sy ma, Shirley, het aan skisofrenie gely; sy pa, Willy, was vasgevang in ’n maalstroom van alkoholiese depressie. Die skrywer en joernalis BRENT MEERSMAN se memoires is ’n ontroerende grafrede aan sy ma, en ’n kiekie van nederige, eksentrieke, ontredderde kinderdae in Kaapstad.

VIR ’n ruk was hy ’n euforiese dronkaard, ’n vrolike dronkie, iemand met wie vroue gepraat het sonder betaling en met wie mans gepraat sonder dat hulle omgekoop is deur rondes gratis drankies. Maar die eliksir het nie gehou nie. Hy het vasgery in ’n motor met dieselfde naam as sy geliefde vriendin wat omgery is en gesterf het.

Hy het so na Mercedes Fernandes verlang. Hy het ware vriende gemis. He was so miserabel soos Sisufos. Ten minste het Sisufos waarde gehad. Wie het ooit gehoor van die mite van Willy? Nee, die gruwel van sy lewe het geen boodskap of betekenis ingehou vir enigiemand nie. Niemand het omgegee nie. Almal het teen hom gedraai.

Uiteindelik het almal hom verwerp. Hy het selfs ’n uitval gehad met die Belg wat hom ’n werk gegee het nadat die gesin uit Antwerpen na Kaapstad terguggekeer het. Sy baas was ’n “harige klootzak” (’n “harige balsak”, om ’n eg Antwerpse uitdrukking te gebruik) wat in België nie eens ’n voorman sou wees nie, wat nog van toegelaat word om ’n hele fabriek in die grond in te bestuur. Hy was so onbevoeg dat as dit tydens die oorlog was, die Duitsers hom sou laat doodskiet het vir sabotasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.