St. Helena se grafte van skande

SLAWERNY

St. Helena se grafte van skande

Op hierdie windverwaaide eiland in die Atlantiese Oseaan lê een van Brittanje se skandes begrawe – derduisende slawe, meestal kinders. Mense wat gedink het hulle is bevry van slawerny, net om óf daar te sterf óf soos lewende hawe as ingeboekte werkers na die kolonies verkwansel te word. ELSABÉ BRITS het hul verhaal nagevors.

KAAL met slegs stukkies los katoen en seildoek om hul liggame. Vuil en vol sere, brandmaer, siek. Hul hare, gesmeer met rooi en geel oker, hang in toiings om hul kop. Om hul nek is glaskrale, sorgvuldig ingeryg; sommige dra armbande. Hulle is met ysters gebrandmerk teen die ribbe, bors of arm. Min is ouer as 35 jaar.

Bevry van slawerny, maar nooit vry nie. Dit is wat tussen 1840 en 1867 met sowat 27,000 slawe gebeur het toe hulle deur die Britse Vloot in die Atlantiese Oseaan “gebuit” is nadat Brittanje slawerny in 1834 onwettig verklaar het. Die meeste van dié mense wat by St. Helena aangekom het – dié wat die reis oorleef het of nie hul eie lewe geneem het nie – was kinders.

Brittanje het homself voorgehou as die bevryders van slawe deur Portugese, Arabiese en ander skepe wat soms sonder 'n vlag geseil het, te onderskep en die mense in hul eie woorde “te bevry". Nie altyd nie. Vir baie jare is hulle na St. Helena geneem waar hulle in haglike omstandighede as ingeboekte arbeiders in die Britse kolonies gewerk het, net om daar te sterf. Van hulle is ook na die Kaap gestuur, waar hulle beslis nie vryheid geniet het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.