Wag ’n beter toekoms anderkant die coronavirus?

LESSE UIT ’N KATASTROFE

Wag ’n beter toekoms anderkant die coronavirus?

Dat jy en jou vriende nou van die huis af werk en jul oorsese vakansie voorlopig moes kanselleer, beteken nié dat Covid-19 die oplossing vir klimaatsverandering is nie, skryf ANNELIZE VISSER. En dalk moet die tendensprofeet Li Edelkoort haar in dié geval eerder bepaal by die modes wat ons volgende seisoen gaan dra.

BAIE water het in die see geloop sedert die tendensvoorspeller Li Edelkoort onlangs by die Design Indaba in Kaapstad gesê het dat die coronavirus ’n seëning is vir die planeet, en dat ons baie dankbaar moet wees vir ’n virus wat net dalk ons oorlewing as ’n spesie sal beteken.

Die coronavirus is ’n skoon bladsy vir ’n nuwe begin, het sy agterna vir Marcus Fairs van die invloedryke argitektuur- en ontwerptydskrif Dezeen gesê. Dit het die wêreld in ’n verbruikerskwarantyn gedompel, waaruit ’n heel nuwe samelewing sal verskyn waarin ons almal met minder tevrede sal wees – ons sal byvoorbeeld in ons enigste rok ruiltransaksies by boeremarkte beklink, en improvisasie en kreatiwiteit sal hoogty vier in die “era van die amateur”, gekenmerk deur ’n doen-dit-self-estetika en respek vir hande-arbeid.

Sy sien nogal uit daarna, moes sy bieg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.