Ontboesemings van ’n onheilige skrywer

WERK IN WORDING

Ontboesemings van ’n onheilige skrywer

Eendag is eendag, het MARITA VAN DER VYVER nog altyd gedink, dan gaan sy haar memoires skryf wat die drade van feite en fiksie ontknoop. Nou het haar verskonings opgeraak.

HOE oud is oud genoeg om ’n outobiografie te skryf? Dié vraag broei al jare lank in ’n kamer iewers in my agterkop, waarskynlik omdat ek so gereeld deur joernaliste gevra word of daar “outobiografiese elemente” in my fiksie is.

Die eenvoudige antwoord sou wees, natuurlik is daar “outobiografiese elemente”, dis immers ék wat dit skryf, nie iemand anders nie. Of soos daardie wyse Kanadese baardman Robertson Davies dit gestel het: “To ask an author who hopes to be a serious writer if his work is autobiographical is like asking a spider where he buys his thread." Al my storiedrade moet uit my eie lyf gespin word.

As daar vreemde, tragiese, fantastiese dinge in my stories gebeur, is dit omdat ek in die werklikheid selfs vreemder, tragieser en fantastieser dinge beleef het. Die werklikheid oortref altyd fiksie, in my ervaring...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X