×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
10 bogstories oor “wondermiddels” teen die coronavirus

K(W)AKMEDISYNE

10 bogstories oor “wondermiddels” teen die coronavirus

Twakpraat oor die coronavirus stel mense se lewe in gevaar. Dis ongelukkig ook nogal aansteeklik. ANNELIZE VISSER maak ’n lys van 'n klomp fopkure wat deur kwakke en kluite versprei word.

1 “Dokter” Dimke se haardroërkuur

Meer as halfmiljoen mense het tot dus ver op YouTube na die video gekyk waarin ’n sekere Dan Lee Dimke beweer dat jy die coronavirus kan klop deur jou sinusse tot 56 grade te verhit. Die metode? Om met jou haardroër warm lug in jou neus op te blaas. Dimke noem homself ’n futuroloog, ’n sterrekundige en ’n hipnotis. Hy is ook glo vyf tale magtig – en praat twak in al vyf. Maar omdat ’n kwartmiljoen mense waarskynlik die video gedeel het, sit daar moontlik nou ’n horde liggelowiges met hulle haardroërs voor hulle neusgate. Moenie een van hulle wees nie. Bly by die huis en was jou hande.

2 Jones se wondertandepasta..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.