Tobias, die eerste: ’n Baanbreker word 70

WAT 'N GAPING

Tobias, die eerste: ’n Baanbreker word 70

Errol Tobias het pas 70 geword. HEINDRICH WYNGAARD sou die seremoniemeester by sy partytjie gewees het, maar is toe deur die coronakrisis in Johannesburg vasgekeer. Hier bring hy hulde aan sy tuisdorpheld.

SELFS nou, 40 jaar later, is die vreemde droom wat jy in 1980 gedroom het, kort voordat jy op 30-jarige ouderdom – 30 jaar! – Suid-Afrika se eerste Springbokrugbyspeler van kleur geword het, nog nie behoorlik uitgelê nie.

Watter “siener” of sangoma sou dit kon doen? Sou kon voorspel dat jy op daardie rype ouderdom – nooit gesien nie, het die mense gesê! – jou debuut vir die Bokke sou maak, ’n ouderdom waar die meeste spelers se beste dae gewoonlik agter die rug is, destyds en vandag. Maar joune was nie.

Jy was rateltaai, superfiks, ’n vlymskerp voetbôller en spelskepper wat die “Doring van Despatch”, Danie Gerber, in staat gestel het om van sy beste drieë langs jou te kon druk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.