Flaters, volksvreemde name en komiese vertalings uit die TV-argiewe

MATEBOE-MATEBOE

Flaters, volksvreemde name en komiese vertalings uit die TV-argiewe

‘In the year of Corona’ grawe JAN HORN in die argiewe van sy 40 jaar op die kassie vir ’n paar staaltjies en insidente wat die inperkingslewe ’n bietjie ligter sal maak. Daar was Riaan Cruywagen en ’n vet kat, ’n dorp met ’n moeilike naam, en ’n oorhaastige vertaling van ‘raap en skraap’.

REGSTREEKSE TV-uitsendings is lekker, maar ook senutergend. Die adrenalien loop hoog. Jy moet jou storie ken en so twee sinne vooruit dink wat jy gaan sê terwyl jou mond inhaal wat gesê moet word. Jy het nie die luukse van ’n tweede opname nie. Wat jy gesê het, het jy gesê. Dis uit op die lug en jy moet maar saamleef met jou blabse. Behalwe die nuus en sport word daar deesdae selde regstreekse uitsendings gedoen, maar in die dae voor die papegaailens – teksprojektor – het ons baie regstreeks uitgesaai.

Die Engelse het mos ’n gewoonte gehad om ’n geskiedkundige gebeurtenis te begin met die woorde: “In the year of our Lord.” Nou, “In the year of Corona” krap ek in my argiewe van 40 jaar se TV-uitsendings rond op soek na stories en insidente uit my kassie-loopbaan om die inperking ’n bietjie uit te perk.

Die dag toe Riaan lag..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.