Boeke om jou te laat lag: Ons wil skater, maters

GILLERS

Boeke om jou te laat lag: Ons wil skater, maters

Wat ons nou nodig het, is om te lag, skryf DEBORAH STEINMAIR. Sy vier van die snaaksstes – van die poepe en boudgleuwe waarsonder Afrikaanse humor nie bestaan nie, verby die pisfeministiese fynspotters tot by die raaksêers wat die spyker lig en ferm reg op die kop klits.

SAL daar ná hierdie waansinnige dae ’n nuwe letterkundige genre kop uitsteek – die grendelroman? En behoort enigiemand selfs te probéér om Anne Frank se dagboek die loef af te steek?

Wat ons nou nodig het, is om te lag. Ons wil skater, maters.

Watter boeke het my laat lag? Dié wat ek gelees het toe ek bloedjonk en beïnvloedbaar was, bly my by. Herman Charles Bosman se Groot Marico-stories het ons laat runnik. Zapzap: In Seepunt gaan dit pienk en plesierig was chaoties grappig. ’n Oujongnooi-skrywer en ’n uitgewersklerk raak met ’n bende rowers slaags wanneer haar papiersak vol geld met die boewe se buit deurmekaar raak. Elsa Joubert se eggenoot, Klaas Steytler, het dit onder die skuilnaam Jan Harmse geskryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.