Skole in die tyd van corona: Leerplan, eksamens gaan verander

CORONA EN KUBERSKOLE

Skole in die tyd van corona: Leerplan, eksamens gaan verander

“Geagte personeel, seuns en dogters, welkom by vandag se virtuele saalbyeenkoms,” skryf YOLANDI GROENEWALD oor kuberskole wat die leerplan een gigagreep op 'n slag onder die knie wil kry. Tog dink ander anders oor hierdie plan.

’N NUWE ster begin skitter. Met 'n perfekte kapsel en 'n netjies gestrykte hemp moedig hy sy gehoor aan om hul bes te doen en hard te werk. Sy gesig vul die skerm soos 'n wafferse sepiester en die kinders hang aan sy lippe. Maar dan vergeet hy om sy Zoom-kamera af te skakel wanneer hy agtertoe skuif en sien jy die netjiese Pretoriase skoolhoof het eintlik nog sy pajamabroek aan. 

Geen haai kraai egter oor sy faux pas nie, want meer as die helfte van sy leerders pryk self nog in hul pajamas. Ná die hoof se “saalbyeenkoms” beweeg hulle na die eerste klas van die dag: Wiskunde. Daar is 'n meneer in 'n T-hemp en 'n kortbroek wat wag om vir hulle die beginsels van algebra te verduidelik, met 'n selfoonkamera wat so elke vyf minute fokus verloor. Geen swaar tas word karwei van klas tot klas nie – druk net 'n knoppie en sorg dat jy op die regte Zoom- of Google Classroom-periode ingeskakel is.

Hier gaan geen skooltyd verlore nie, mits jy vinnige internet en die nodige data het. Die leerplan sál klaarkom, een gigagreep op ’n slag. Covid-19 sal nie ons kinders dommer maak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.