Denis is oorlede. Lank lewe Denis!

RIVONIA SE LAASTE

Denis is oorlede. Lank lewe Denis!

Denis Goldberg was 'n man wat mense diep geraak het, en sy dood ná 'n moeilike gesondheidstryd sal die herinneringe nie laat verdwyn nie, skryf HANLIE GOUWS en MAX DU PREEZ.

  • 01 Mei 2020
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 15 van 28
  • Hanlie Gouws & Max du Preez

VROEG in Januarie 2013 het ek 'n uitnodiging gekry na 'n braai by die Duitse ambassadeur in Suid-Afrika se huis in Bishop’s Court saam met sy familie, onthou Hanlie.

Dit was Klopse daardie dag, so dit was 'n gesukkel om uit die stad te kom en ons was laat, waaroor ons baie sleg gevoel het. “Geen probleem nie,” het die gasvrye Horst Freitag gesê. “Denis sit nog vas in Seepunt, so hy gaan eers later hier wees.”

Ons het die bubbly oopgemaak en gepeusel met die ambassadeur wat af en toe gesê het: “Denis is nou hier, en Denis is nou daar.” Ek het geen idee gehad wie Denis was nie, maar al die ander mense het duidelik geweet en was nie bekommerd oor hom of dat die tjops gaan koud word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.