Kuns word lekkerder as kinderspeletjies

KUNSWAARDERING

Kuns word lekkerder as kinderspeletjies

'n Uitdaging aan kunsliefhebbers het gelei tot 'n verrassende, vreugdevolle ontploffing van herskepte kunswerke op sosiale media, skryf MARITA VAN DER VYVER. En toe iemand haar uitdaag om Munch se Die gil na te boots, kon sy die versoeking nie weerstaan nie.

WAT is meer pret, in hierdie wêreldwye grendelstaat, as om piesangbrood te bak of rou eiers te sluk?

Meer opbeurend as om op Facebook gal af te gaan oor die bejaarde buurtannie wat met haar hond om die blok gaan stap? Meer humoristies as om die agteruitgang van jou voorkoms en kleredrag te dokumenteer (mea culpa), en meer kreatief as om kos te maak met wat jy ook al in jy kombuis kan vind?

Die antwoord op al hierdie vrae lê in 'n enkele hutsmerk (#gettymuseumchallenge) wat ons ingeperkte wêreld die afgelope weke stormenderhand verower het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.