Op soek na Mark Condor en die Ruiter in Swart

STERREJAG

Op soek na Mark Condor en die Ruiter in Swart

Watter woord jy ook al kies om dit te beskryf, die fotoboekies van die apartheidsjare lê diep in baie ouer Suid-Afrikaners se herinneringe en harte. MADELEINE BARNARD het hulle gaan navors. En hul voormalige sterre gejag.

DIS 1973. Êrens in Stasiestraat in die vaal administratiewe verveling van apartheid-era-Pretoria stap ’n klein, vet kaalvoetdogtertjie met ’n vuis vol munte. Sy is op pad na die naaste kêffie, die een met die onvanpas glorieryke naam Mozambique Market Gardens, waar sy haar weeklikse sak swiets met haar weeklikse sakgeld gaan koop.

Nie net gaan sy haar oorvreet aan tjoklits nie; sy gaan ook skelm woerts deur een of twee stukkies verboten literatuur uit ’n versameling wat gewoonlik – heel slim van die Portugese eienaars – onder die rak soetgoed uitgepak lê.

Fotoverhale. Die subgenre ook bekend as “poesboekies”. Arend van die Oerwoud en Takoeza vir eksotiese bosavonture in kartonmaskers en fopvelle. Tessa vir die bikini-gatskopslag en sweterige skoolseun-fantasieë. Suster Louise vir liefderyke versorging. Mark Condor se onaantasbare megaheld-cool. Dr. Conrad Brand en Saal 10 vir die tannies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.