Lekker kommin: Die pulp fiction wat ons gevorm het

SKAAMBOEKE

Lekker kommin: Die pulp fiction wat ons gevorm het

Wat lees jy tans wat jy sou wou stilhou? Nee, behalwe die Huisgenoot? DEBORAH STEINMAIR bieg oor Heinz G. Konsalik, Karl Kielblock, haar vlugtige bodice ripper-fase en resepmatige domestic noir waardeur sy glip soos 'n warm mes deur Floro.

MADELEINE Barnard het ons so lekker met ons eie kommingeit gekonfronteer in haar skrywe oor poesboekies (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-04-30-op-soek-na-mark-condor-en-die-ruiter-in-swart/) (ja, dis ’n woord, daar is selfs ’n verhandeling oor geskryf). Ons was gek oor die voosgevatte fotoboekies en natuurlik was dit verboten tuis, soos Springbokradio-stories in die agtermiddag.

Een vakansie leen my pa se vriend vir ons sy woonstel in Durban. My ouers (onderwysers) met vier kinders onder die ouderdom van 10 vind gou uit dat omtrent al die aktiwiteite in Durbs geld kos. Wat gebeur toe? Ons bly meestal in die woonstel, my ouers lees en ons kinders mag onbeteueld wei in die vriend se tweede vrou se dose en dose vol poesboekies.

Ek het lankal vergeet van die riksja-ritte en draairoomyse op die promenade, maar ek onthou die wilde, sondige vreugde van die daardie boekies, die stowwerige son op die blokkiesvloer, die reuk van politoer gemeng met ou sigaretrook en goedkoop papier en ink, die hartstog, die vlammende dors na vergelding en dramatiese motoriese momente, wanneer die akteurs gewoonlik nonchalant na die horison staar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.