Van Hebreeus na Afrikaans: Juffrou gaan terug skool toe

TUISSKOOL

Van Hebreeus na Afrikaans: Juffrou gaan terug skool toe

MICHÈLE MEYER het gedink die bloedsweet en nukkerbolle van haar taal-onnie-jare is vir goed verby, totdat die buurvrou 'n teksboodskap stuur. Ella skuins oor die pad het 'n Afrikaanse juffrou dringend nodig ...

EINDE 2007, toe my oudste klaargemaak het met laerskool, het ek ook. Klaar skoolgehou ná 18 jaar se aan en af onnie wees.

Ek sidder nou as ek dink ek was pure bogkind toe ek instap in ’n departementele pos as Engels-onnie vir wat desjare nog standerd 7, 8 en 9 was. Dit was by ’n tegniese skool in die hartland van die Noorde waar die hoof dit onomwonde gestel het dat Engels nog beskou word as die taal van die vyand.

Deur drie vermaarde hoërskole het ek legioene leerders probeer leer van active en passive voice, die verdomde silent “k” en lyste alternatiewe vir “nice” ingedril by onwennige skrywers van essays...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.