Pandemie slaan hard op die platteland

NUWE NORMAAL

Pandemie slaan hard op die platteland

Die Covid-19-pandemie skeer almal oor dieselfde kam, van die wynmaker tot die plaaswerker. Dis die hartseer-besef waartoe JACQUES MARAIS tydens ’n onlangse mediabesoek aan die Overstrandstreek gekom het. En nie almal hiér glo dinge gaan gou beter word nie. Hy gesels met van wynmakers tot plaaswerkers en dokters in dié gebied oor die huidige situasie en die toekoms.

“Die algehele inkomste vir die kommersiële landboubedryf (vir Suid-Afrika) in 2017 was R332,8 biljoen. Die provinsie wat die meeste van die inkomste bygedra het, was die Wes-Kaap met R64.3 biljoen." – www.statssa.gov.za (http://www.statssa.gov.za/)

“Toerisme dra R17 biljoen by tot die Overstrandstreek as 'n geheel en skep 204,000 formele werksgeleenthede in die provinsie." – Toerisme-bemarkingstrategie, 2018-2020 (Kaapse Walviskus)

DIE groot inperking duur nou al weke lank en die agterpaaie wat deur die Overstrandstreek kronkel, lyk soos 'n toneel uit 'n post-apokaliptiese Hollywood-rolprent. Ek ry op die R316 van Caledon af deur Suid-Afrika se sogenaamde broodmandjie, 'n landelike gebied waar 'n lappieskombers van koring- en kanolalande 'n volle 360 grade om jou oopvou. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X