Uit-die-boks-maskers sit die pret in Pretoria

KREATIEF

Uit-die-boks-maskers sit die pret in Pretoria

Hierdie maskers gaan jou nie teen die virus beskerm nie, maar wel teen die emosionele nadraai van angs, kommer, eensaamheid en slegte nuus. Die argitek Pieter Mathews vertel aan ANNELIZE VISSER hoe ’n kreatiewe maskerprojek mense weer laat glimlag – en hy nooi jou om saam te speel.

TUSSEN al die soetsuurdeegbrode en katte op toetsborde op Instagram duik daar skielik die volgende op: ’n wit karton-emoji met ’n swart keil; ’n karikatuuragtige punk met spykerhare, gaaspleisters en ’n oogklap; twee kante van dieselfde gesig met oë, mond en neus na willekeur versprei in die styl van Picasso; ’n draakkop uit bruin riffelkarton gesny …

Die hutsmerke sê #lunchtimemasks en #masker, maar hulle is nie lapmaskers wat moet help keer dat mikrodruppeltjies deur die lug trek wanneer jy hoes of nies of praat of asemhaal nie. Hulle bied wel beskutting in die pandemie – maar eerder teen die afsydigheid en eensaamheid van fisieke afstandskepping – en doen verder wat maskers nog altyd gedoen het: vertel stories, skep karakters en lewer kommentaar.

Jannes Hattingh Die masker gebruik eenvoudige, aanpasbare simbole om ingewikkelde emosies uit te beeld. Die masker as emoji (>x<), het ons gedink, sal makliker met ’n jonger generasie praat as enige historiese voorbeeld. Wat is die doel van die keil? Dalk ’n subtiele besef dat kapitalisme in die moeilikheid is .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.