Jacques Marais is ná meer as drie dekades as 'n fotojoernalis alom bekend as #DieOom, veral in sport- en avontuurkringe. Hy was in 'n stadium 'n elektroniese ingenieur, maar probeer om nie te veel oor hierdie sewe benewelde jare in Klerksdorp te praat nie. Dit was juis hier in die verre Noordweste dat hy die eerste keer vir Vrye Weekblad geskryf het. Sy volgende artikel was vir Scope Magazine, en die R500-tjek was net wat hy nodig gehad het om sy rug op die mynwese te draai … dis sowat 14 boeke en 'n paar duisend artikels in die verlede. Afrika se wawye vlaktes, groot riviere en moer-en-gone-pieke is sy kerk, en wanneer hy kan, reis sy familie saam (die kinders kla net nou en dan oor die gebrek aan wi-fi en toiletgeriewe). Loer na sy blogs by www.jacquesmarais.co.za.
DONKER TYE
‘As corona nie hierdie mense doodmaak nie, gaan die lang wag sonder werk dit doen’
JACQUES MARAIS volg die spoor van die finansiële en emosionele verwoesting wat die streng inperkingsmaatreëls tot dusver in die Overberg- en Hessequa-streke gesaai het. Daar is geweldige swaarkry, maar ook hoop.
Deel
DIS dag 58 van die staat van inperking in die landelike hart van die Wes-Kaap, en die Overberg- en Hessequa-gebiede is nog nie heeltemal dood nie, maar dis ook nie meer so lewendig soos voorheen nie.
Terwyl ons wag vir vlak 4 om na vlak 3 oor te gaan, probeer elke boer en handwerker en kontrakteur met wie my pad hier kruis uitvind of hulle as noodsaaklike werkers geld. Of hoe hulle kan word ...
Wie moet binne bly? Wie mag buite wees? En, belangriker, hoe de hel moet jy ’n marginale bedryf weer aan die gang skop in die konteks van ’n mislukte nasionale ekonomie?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Jacques Marais
FotojoernalisJacques Marais is ná meer as drie dekades as 'n fotojoernalis alom bekend as #DieOom, veral in sport- en avontuurkringe. Hy was in 'n stadium 'n elektroniese ingenieur, maar probeer om nie te veel oor hierdie sewe benewelde jare in Klerksdorp te praat nie. Dit was juis hier in die verre Noordweste dat hy die eerste keer vir Vrye Weekblad geskryf het. Sy volgende artikel was vir Scope Magazine, en die R500-tjek was net wat hy nodig gehad het om sy rug op die mynwese te draai … dis sowat 14 boeke en 'n paar duisend artikels in die verlede. Afrika se wawye vlaktes, groot riviere en moer-en-gone-pieke is sy kerk, en wanneer hy kan, reis sy familie saam (die kinders kla net nou en dan oor die gebrek aan wi-fi en toiletgeriewe). Loer na sy blogs by www.jacquesmarais.co.za.