Balke toe
Die oomblik van besef van selfwaarde buite die sfeer van my ouers se onvoorwaardelike koestering was in die biblioteek van die Laerskool Eben Swemmer in Pretoria. Ek was in graad twee. Juffrou Weir was horingoud. Sy was ook my pa se biblioteek-juffrou toe hý ’n pikkie daar was.
Juffrou het metodies bepaal wie daardie termyn die meeste gelees het. Jy moes jou leeskaart ophou en laat sak wanneer sy die getal sê wat strook met die getal boektitels daarop ingevul. Sonlig so geel soos die herfsblare buite het deur die yslike ruite gestroom. Rooi baksteensoldaatjies het rondom die ruite waggestaan tot teen die plankvloer. In siftende lig voor die rooi pelotonne het stof-feë pirouette. Dit het na boeke geruik, volumes vol woorde en stories. Ek dink steeds die hemel ruik só...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.