’n Leeslys vir Donald Trump en Derek Chauvin

EMPATIE

’n Leeslys vir Donald Trump en Derek Chauvin

DEBORAH STEINMAIR het raad vir geweldenaars, despote, tiranne, impuls-tweeters en alle fobe: Lees, dêmmit.

BOEKE ontsluit wêrelde en kweek empatie. Mense wat lees, leef ’n magdom lewens. Hulle loop in ander se skoene. Beleef ander se pyn aan eie lyf. Hulle sal nie op iemand se nek trap nie. Die Amerikaanse knie-cop met die lelike van, Derek Chauvin, lyk nie vir my na ’n leser nie.

Die ontdek van ander se omstandighede begin aan moedersknie. Selfs in die slegte ou dae het boeke soos Alba Bouwer se Abdoltjie (ses verhaaltjies oor ’n Maleiertjie van die ou Kaap) ons, wat met spierwit poppe gespeel het, oor ander kinders laat nadink. So ook haar ’n Hennetjie met kuikens.

Gedigte soos “Amakeia” deur A.G. Visser, “Mabalel” deur Eugène Marais, “Verflenterde kaalvoet klonkie” deur I.D. du Plessis en romans soos Swart pelgrim van F.A. Venter was sekerlik verdag. Natuurlik kan dit as politiek inkorrek en neerbuigend gesien word om as lid van die bevoorregte klas oor die onderdruktes te skryf, hoewel ek Alba Bouwer net immer ooit as goedig en deernisvol kan sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.