Pandemie FM | Radio is jou vriend in ’n krisis

SIT DIT AAN, SIT DIT AAN

Pandemie FM | Radio is jou vriend in ’n krisis

Die syfers wys dat radio tydens inperking nuwe vriende gemaak het en ou vriendskappe verstewig het. Maar wie is dié nuwe luisteraars, en hoe gaan radiostasies hulle in die klank-op-aanvraag-era behou? ANNELIZE VISSER skakel in by 'n revolusie wat in die eter onderweg is.

KASIE FM is ’n gemeenskapsradiostasie in die digbevolkte township Katlehong aan die Oos-Rand/Ekurhuleni. Die naam beteken “plek van sukses”, maar die meeste van Katlehong se byna halfmiljoen inwoners voer ’n sukkelbestaan met te min van alles.

Kasie FM is reeds 20 jaar lank deel van dié gemeenskap met 215,000 luisteraars wat weekliks inskakel. Sedert die aanvang van die nasionale staat van inperking het die radiostasie sy programskedule en -inhoud hersien, onder meer om meer lugtyd te gee aan beriggewing oor die Covid-19-pandemie, maar ook om met die hulp van dokters wat in dieselfde gemeenskap werk, die skielike, oorweldigende stroom van ingewikkelde inligting uit regeringsoord vir die gemiddelde Kasie FM-luisteraar toeganklik te maak.

Die stasie moedig sy luisteraars aan om hulle deure oop te maak vir gemeenskapsgesondheidswerkers wat siftingstoetse vir Covid-19 doen, help met die identifisering van huishoudings wat kospakkies nodig het, en saai leermateriaal vir skoolkinders uit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.