LUISTER | Leon Wessels oor die woede teen FW

APARTHEID SE SPOKE

LUISTER | Leon Wessels oor die woede teen FW

JODY HENDRICKS het met oudminister Leon Wessels gesels oor oudpres. FW de Klerk se onlangse onttrekking aan ’n seminaar van die Amerikaanse Balieraad.

OUDPRES. FW de Klerk het hom einde verlede maand onttrek aan 'n seminaar oor minderheidsregte van die Amerikaanse Balieraad omdat hy nie homself of sy gashere in 'n verleentheid wou stel nie, gegewe die gelaaide klimaat oor rasseongelykheid wat tans die diskoers oorheers. De Klerk sou op 1 Julie dié virtuele geleentheid toegespreek het.

Sy beplande deelname het hewige kritiek onder aktiviste ontlok wat gevra het dat die Amerikaanse Balieraad sy uitnodiging moet kanselleer weens De Klerk se destydse betrokkenheid by die veiligheidsmagte van die apartheidsregering. Die FW de Klerk-stigting het dié aantygings verwerp en De Klerk geloof vir sy bydrae tot 'n nierassige, demokratiese Suid-Afrika.

Oudminister Leon Wessels sê in die meegaande podsending De Klerk se onlangse uitlatings oor of apartheid ’n misdaad teen die mensdom was of nie, was ’n fout, maar terselfdertyd behoort ons ook die bydrae te onthou wat hy het tot demokrasie in die land gelewer het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.