Slingerplant van ’n roman deur die Charlize Theron van SA boeke

AFTERLAND

Slingerplant van ’n roman deur die Charlize Theron van SA boeke

Lauren Beukes se Afterland is 'n apokaliptiese nagmerrie met psigotiese vroue en neon-nonne , skryf DEBORAH STEINMAIR. Dis ’n eietydse koorsdroom, ’n naelbyt-karnavalrit wat jou sal laat vergeet van inperking en die alkoholverbod.

LAUREN Beukes is 'n trotse uitvoerproduk, 'n rockster en 'n internasionale sensasie – die Charlize Theron van Suid-Afrikaanse boeke. Dié Kapenaar is die bekroonde skrywer van blitsverkopers in verskeie lande soos Zoo City, The Shining Girls en Broken Monsters. En nou Afterland. Haar lof word besing deur letterlegendes soos Stephen King, Gillian Flynn en George R.R. Martin.

Beukes het as joernalis begin en in die rolprent- en TV-bedryf gewerk. Sy was regisseur van die dokumentêr Glitterboys & Ganglands wat by die San Diego Black-filmfees as Beste LGBTI-rolprent bekroon is. Sy was ook al – hoe cool is dit – strippeskrywer vir Marvel Comics!

Haar strippe sluit in: Survivors’ Club saam met Dale Halvorsen en Ryan Kelly, en saam met die kunstenaar Inaki Miranda, die New York Times-topverkoper Fairest: The Hidden Kingdom, 'n Japannese rillerblik op Raponsie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.