Afrikaner-noir maak skaamkwaad

HIER IS DRAKE

Afrikaner-noir maak skaamkwaad

Boeke is padkaarte na die landskap van jou persoonlike letsels, skryf DEBORAH STEINMAIR ná ’n toevallige ontmoeting met ’n kruitvat van ’n storie waarvan die eerste paragraaf haar hart breek.

LEES is ’n gevaarlike tydreismasjien. Soms, soos met die laaste uitverkoping-boek wat ek aangeskaf het, neem jy ’n verkeerde afdraai en bevind jy jou opeens by ’n veldskool in Barberton, Oos-Transvaal, in die laat 1970's.

Ek lees nie meer boeke se agterblaaie nie – ek hou nie daarvan dat die eerste derde van die storielyn vir my netjies opgesom word nie. Ek duik blindelings tussen die blaaie in.

Soms is die terrein verraderlik, soos toe ek een aand by padwerke tussen niks en nêrens ’n tydelike teken verkeerd interpreteer, oor sandsakke ry, in die verkeerde baan beland en diep spore in die nat teer maak. ’n Bende woedende padwerkers sak op my toe. Ek ry so ewe stadiger en maak my venster oop om verskoning te vra, toe die voorman, ’n kortkop voor die ander, met groot oë teen my motor klap en skree: “Go, just GO!”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.