Kosie Steenkamp is dood en sy vriende gaan begrafnis hou sonder om te gaan. Dié nuwe manier van verlies ervaar is vir MICHÈLE MEYER ’n ervaring wat sal bybly.
KOSIE kan nie dood wees nie. Ons het net die anderjaar nog ’n hoed vir sy 70ste uitgesoek. Toe’t hy hoeka geskerts dat ons oor drie dekades sy eeufees gaan vier.
Einde laasjaar nog saam in ’n onlangs opgeknapte restaurant wat soort van volksbesit is in Stellenbosch, gelag vir sy bejoeksgeid oor hul kurkfooi-beleid vir eie wyn. Want sy éie wyn verskyn nie op hul wynlys nie. ’n Oorsig, want wyn kan hy wyn maak, dié Karookind van Sutherland wat wynmaker geword het.
Hul plaas op die Bottelarypad met sy twee massiewe ou palmbome as baken by die ingang het ek eers einde April 2002 leer ken. Daar het ek en my wederhelf die Kaapse been van ons piepklein troue in Mpumalanga gaan vier. Saam met Kosie en sy Heléne was ons ’n dosyn mense. My man se Kaapse maters het mýne ontmoet daar op Groenland. Twee stelle vreemdelinge het vroegaand saam aangesit, en in die diepnag se fluweelvoue is ons uiteen as innige vrinne...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
OM 'N BOOM TE BEGRAAF
Pandemie-begrafnis: Vaarwel van ver af
Kosie Steenkamp is dood en sy vriende gaan begrafnis hou sonder om te gaan. Dié nuwe manier van verlies ervaar is vir MICHÈLE MEYER ’n ervaring wat sal bybly.
Deel
KOSIE kan nie dood wees nie. Ons het net die anderjaar nog ’n hoed vir sy 70ste uitgesoek. Toe’t hy hoeka geskerts dat ons oor drie dekades sy eeufees gaan vier.
Einde laasjaar nog saam in ’n onlangs opgeknapte restaurant wat soort van volksbesit is in Stellenbosch, gelag vir sy bejoeksgeid oor hul kurkfooi-beleid vir eie wyn. Want sy éie wyn verskyn nie op hul wynlys nie. ’n Oorsig, want wyn kan hy wyn maak, dié Karookind van Sutherland wat wynmaker geword het.
Hul plaas op die Bottelarypad met sy twee massiewe ou palmbome as baken by die ingang het ek eers einde April 2002 leer ken. Daar het ek en my wederhelf die Kaapse been van ons piepklein troue in Mpumalanga gaan vier. Saam met Kosie en sy Heléne was ons ’n dosyn mense. My man se Kaapse maters het mýne ontmoet daar op Groenland. Twee stelle vreemdelinge het vroegaand saam aangesit, en in die diepnag se fluweelvoue is ons uiteen as innige vrinne...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Koffie in my stuurkajuit
Met kronkelpaaie terug na my hart
Oorskietkos en die Tupperware-dril
As alles anders is, gaan ons aan
Deel
-
Deel
Michèle Meyer
SkrywerMichèle Meyer skryf oor alles wat sy moontlik kan. Sy is die wenner van die 2017 US Woordfees/Du Toitskloof-kortverhaalkompetisie. Sy woon in Pretoria en hou daarvan.