Vergete manuskrip oor die lewe in ’n konsentrasiekamp

BOEKUITTREKSEL

Vergete manuskrip oor die lewe in ’n konsentrasiekamp

MAGGIE JOOSTE was 13 toe sy en haar gesin tydens die Anglo-Boereoorlog na ’n konsentrasiekamp gestuur is. Die boek wat sy oor haar oorlogservaring geskryf het, is ná 57 jaar deur haar familie ontdek, en dit verskyn vandeesmaand by Tafelberg-uitgewers. In hierdie uittreksel uit Maggie: My lewe in die kamp vertel sy van die rit in ’n veetrok na waar smart en ellende op hulle wag.

  • 24 Julie 2020
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 21 van 28
  • Maggie Jooste

ONS beurt om weggevoer te word het op 5 Desember 1900 aangebreek toe twee Engelse offisiere by ons huis instap en vir Ma sê dat sy met haar ses kinders die volgende oggend op die spoorwegstasie moet wees om weggestuur te word.

Waarheen en vir hoe lank? Ons het nie geweet nie! Alles moet net so in die huis gelaat word en ons mag net ons klere en ’n klein mandjie met kos neem. Wat ’n vreeslike gedagte was dit nie om alles wat ons besit net so vir die vyand agter te laat! Die onsekerheid oor wat voorgelê het, was ondraaglik. Die arme hulpelose vroue, bejaarde en siek mense en kinders kon nooit droom watter smart en ellende op hulle wag nie.

Ma wou weet wat van Gert se goed gaan word aangesien hy deur hulle as krygsgevangene gehou word. Hulle het haar verseker dat al Gert se goed bewaar sou word. Dus het ons die laaste nag nog van die beste meubels en beddegoed in een kamer bymekaargesit vir hom! Wat ’n verkwisting van ons laaste kosbare ure daar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.