Die lewe is ’n wrede truuk, en glorieryk

'N KORT EN VERNIETIGENDE GESKIEDENIS

Die lewe is ’n wrede truuk, en glorieryk

In die jaar toe “Distopiese Fiksie” “Sake van die Dag” geword het, slaan DEBORAH STEINMAIR Louise Erdrich se Future Home of the Living God ywerig oop en ontdek die skouspelagtige leesbaarheid van 'n skrywer se struikeling.

EK was nooit lief vir distopiese fiksie nie. Dis so unheimlich; die atmosfeer hopeloos, vyandig, kil, desperaat, chaoties. Daar is dié wat ek wel met vreugde gelees het: Margaret Atwood se The Handmaid’s Tale en The Testaments (want dis voortreflik versin en fabelagtig feministies) en, selfs nog meer, haar MaddAddam-trilogie: MaddAddam, The Year of the Flood en Oryx and Crake, want die karakters en hul verhoudings is onvergeetlik.

Sy skryf soos 'n droom – ek sal met graagte Atwood se inkopielys lees. Hoor hier, uit The Year of the Flood: “The sun brightens in the east, reddening the blue-grey haze that marks the distant ocean. The vultures roosting on hydro poles fan out their wings to dry them, opening themselves like black umbrellas.”

Ek hou nog minder van distopiese rolprente vol roekelose bloedvergieting en sinnelose geweld. “I have seen the future, it is murder,” het profeet Cohen gemompel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.