Misverstand in die diamantfabriek

BOEKUITTREKSEL

Misverstand in die diamantfabriek

Starlite Memories is die spotprenttekenaar DOV FEDLER se vermaaklike vertelling van sy ervarings in die filmbedryf in die 1980’s. Hy was regisseur van ’n Zoeloe-fliek wat sonder sy wete deur die apartheidsregering gesubsidieer is. In dié uittreksel kom polisiemanne teen diamantdiewe te staan, maar moenie alles glo wat jy sien nie.

DIS asof Dag 1 ’n ewigheid duur. Die rooftog moet nog verfilm word. Daar is drie tonele waaruit die rooftog bestaan. Dit begin by die wegkomkar oorkant die straat, dan beweeg dit die gebou binne. Daar is ’n veiligheidswag wat ook ’n medepligtige is. Dit vereis ’n hele paar opstellings.

Laastens kom ons by die werkwinkel. Hier stel ons weer tonele op waar die eintlike rooftog plaasvind, en moet dan terug straat toe vir die wegkomkans. Die baas van die bende, wat ek Getaway Gus gedoop het, wag om in my Datsun weg te jaag. Ons plan is om Gus agter die stuurwiel heel laaste te skiet.

Dis die vuurwapens wat almal senuweeagtig maak. Dis net kastig, maar die roofopset by die diamantfabriek is wel effens spannend. Daar is ’n gevoel van werklikheid aan alles. Niemand is op hul gemak nie, al is twee van die wapens namaaksels...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.