Zim: Onlieflike loser met ’n lelike hart

ANTI-HELD

Zim: Onlieflike loser met ’n lelike hart

This Mournable Body is 'n fassinerende gemoedsbekakking oor Zim deur 'n skrywer wat 'n week gelede in Harare in 'n polisiewa geboender is nadat sy plakkaat geswaai het in protes teen die regering. DEBORAH STEINMAIR kyk in die spieël wat Tsitsi Dangarembga na die leser uithou.

KAREN Blixen het gedink sy had ’n plaas in Afrika, maar sy’t haar misgis. God’s own country, die singende gras en daai was als niks anders as romantiese rusteloosheid, gierigheid en toe-eiening nie. Om ’n vasteland soos ’n pizza op te kerf en skywe daarvan uit te deel was waansin. Kolonialisme was suiwer boosheid en het mense se psiges vir geslagte, tot vandag toe, verguis en verkneg.

Tsitsi Dangarembga is ’n Zimbabwiese skrywer, dramaturg en filmmaker. Haar eerste roman, Nervous Conditions, het die Afrika-seksie van die Statebondskrywersprys gewen.

Tot my skande het sy eers op my radar verskyn toe sy Vrydag in Harare in hegtenis geneem is kort nadat haar jongste boek, This Mournable Body, vir die Booker-langlys gekies is. Sy is in ’n polisiewa geboender nadat sy plakkaat geswaai het in protes teen die regering. Ná ’n nag agter tralies is sy op borgtog vrygelaat en is sy nou verhoorafwagtend...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.