Helde, booswigte en beelde wat pla

BOEKUITTREKSEL

Helde, booswigte en beelde wat pla

In die boek Troubling Images ondersoek 11 skrywers die rol wat kuns en visuele kultuur in die vestiging van Afrikaner-nasionalisme gespeel het. In hierdie uittreksel uit die hoofstuk “Cartoons, Intellectuals and the Construction of Afrikaner Nationalism" deur PETER VALE beskryf hy hoe vyf spotprente deur T.O. Honniball gehelp het om Afrikaner-nasionalisme te versterk.

  • 14 Augustus 2020
  • Mense & Kultuur
  • 10 min om te lees
  • artikel 17 van 30
  • Peter Vale

ONS fokus op vyf spotprente wat in die 1950's en 1960's verskyn het. Ongeag hoe goed dit nagevors is, is die keuse van spotprente sonder uitsondering persoonlik en dus subjektief. My doel was om te wys hoe een spotprenttekenaar, 'n simpatieke lid van die binnekring, gehelp het om die triomf van Afrikaner-nasionalisme te konsolideer en te beklink.

Die betrokke spotprenttekenaar was T.O. Honiball, spotprenttekenaar van Die Burger van 1941 tot 1975. Dit is 'n merkwaardige lang tydperk in enige loopbaan en het saamgeval met die kardinale jare van die Nasionale Party se verkiesingsoorwinnings en, uiteindelik, die versterking van Afrikaner-nasionalisme.

Thomas Ochse Honiball is op die Oos-Kaapse dorpie Cradock gebore en het grootgeword in die episentrum van Afrikaner-denke, die universiteitsdorp Stellenbosch in die Wes-Kaap. Sy pa was 'n onderwyser by die toonaangewende Paul Roos Gimnasium op die dorp. In 1927 het Honiball sy studies aan die argitekskool van die hoofsaaklik Engelstalige Universiteit van Kaapstad gestaak omdat die soort tegniese  tekeninge wat deur dié beroep vereis word, nie versoenbaar was met sy spontane styl nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.