Ingonyama-trust ‘soos organisasies wat Afrikaners uit armoede help’

KONING IS ENIGSTE TRUSTEE

Ingonyama-trust ‘soos organisasies wat Afrikaners uit armoede help’

Die Ingonyama-trust, ’n korporatiewe entiteit wat die Zoeloe-nasie se tradisionele grondgebied administreer, besit byna 30% van KZN se grondgebied. Dié trust, en die groter kwessie van grondeienaarskap, bly ’n omstrede onderwerp, skryf DESIREE ERASMUS.

DIE rol van die Ingonyama-trust word ernstig misverstaan, glo die voorsitter van die Ingonyama-trustraad (ITR), regter Jerome Ngwenya. Hy meen die trust is die slagoffer van ongegronde aantygings en swak ingeligte kritiek deur die Suid-Afrikaanse regering, media en mediabefondsers.

Volgens die reaksie (https://drive.google.com/file/d/1qPLmvCKqE52E0Jis0S0GWipkmGCLqgQ-/view?usp=sharing) wat hy aan Vrye Weekblad gestuur het, glo regter Ngwenya skynbaar dat die trust uniek is, in die sin dat dit die Zoeloe-kultuur en -gewoontereg beskerm, en in sommige opsigte soortgelyk is aan organisasies wat geskep is om Afrikaners uit armoede te help ophef.

Daar is egter beduidende kwessies in die trust wat die persepsie aangevuur het dat dit nie aanspreeklik is teenoor die gebiedsbewoners of provinsiale en nasionale regering nie – net teenoor sy enigste trustee, die Zoeloe-monarg koning Goodwill Zwelithini...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.